SA Club Luxembourg Events

Saturday, October 07, 2006

SA Kunstenaars kom naar Europa

In Londen, Parys, Amsterdam, Brussels tot selfs in Swede is oor die volgende paar maande SA kunstenaars te sien.
Besoek www.bassons.org vir 'n volledige lys en besprekings details. 'n Paar van die hoogtepunte is onder andere:

Anton Goosen, pionier van Afrikaanse rock en blues en ongetwyfeld steeds een van die bestes, tree teen middel Oktober in London, Leuven en Den Haag op. Die Soweto Gospel Choir besoek 'n totaal van 5 Europese lande en Karin Hougaard is November te sien in Mata Hari, musiekteater geskryf deur Herman van Veen. Riku Latti se toer in die Benelux is vernoem na sy onlangse treffer CD "Opgesom" en as u nog nie vir Klopjag gesien optree het nie, kan u uitvind waarom hierdie fantastiese groep so vinnig gewild geword het in SA wanneer hulle in November in London optree. (Ons hoop ook om Klopjag in die Benelux te sien vroeg volgende jaar.) En dan is daar natuurlik Casper de Vries in Amsterdam op 13 November wat altyd baie gewild is so moenie te lank wag om te bespreek nie.

Daar is nog heelwat ander puik kunstenaars - volledige inligting oor almal se optredes in Europa is beskikbaar op www.bassons.org

0 Comments:

Post a Comment

<< Home