SA Club Luxembourg Events

Wednesday, October 25, 2006

Braai in Germany

Hello julle almal,

Jip, dis weer daai tyd van die jaar. Watter wonderlike weer het ons op
die oomblik, laat my wens ek was op Blouberg strand! So om my heimwee te
stil het ons weer n BRAAI gereel vir die 19de Augustus( Saterdag). Ons
gaan weer vrolik kuier met mekaar en miskien n paar nuwe gesigte sien en
n lekker vleisie braai.

Laat ons asseblief voor die tyd weet wie wil kom. Soos laas jaar is daar
n verassing of twee. Miskien as ons duime druk kry ons n bekende
kunstenaar om so n klein show vir ons te gee. Meer inligting sodra ek
die Ja-woord gekry het.

Ons sal weer steaks, Boerewors, Braaibroodtjies, aartappelslaai, pap en
sous, brandewyn, castle, windhoek, savannah, tjops en allerlei lekergoed
he om aan te knabber.

Hoop om julle almal daar te sien. Onthou ons het net plek vir 180 mense
so laat weet maar vroegtydig.....laasjaar was vol gewees.

Julle kan my skakel op 01725753856 of by die pub op 06171-55383 na 5
elke dag.

Julle kan na laasjaar se fotos kyk en sien wat ons almal gedoen het.
www.zum-schwanen-oberursel.de gaan na bilder en dan na braai 2005

Groetnis van huis tot huis

Werner Klotz

0 Comments:

Post a Comment

<< Home